011 234 1746 / 083 391 8622

Tel. 1:  011 234 1746

Tel. 2: 083 391 8622

Adres: 75 Edison Cr,

           Sunninghill

Ure: 07:00 - 17:00

       Maansae - Vrydae

 

Aanwysings

ELKE DAG IS OPEDAG

 

 

EVERYDAY IS AN OPEN DAY

Sunninghill Kleuters

STREWE TEN ALLE TYE NA KWALITEIT ONDERRIG / ALWAYS STRIVING FOR QUALITY EDUCATION

Graad R

nou ook in

 Sunninghill

 

Kontak die kantoor vir registrasie

MEER OOR ONS

 

 

Ons het Julie 2007 oopgemaak en is geplaas op 'n akker erf in Sunninghill Estate wat 3 geboue met top fasiliteite bevat; 2 geboue word gebruik vir die Babasentrum en Kleuterskool en nog 'n gebou word gebruik vir die Laerskool. 

 

Buitemuurse aktiwiteite

Daar word jaarliks besluit op kwaliteit buitemuurse aktiwiteite wat dditioneel tot die skoolfooie is, sien voorbeelde:

Junior Jive, Rugga Kids, Sporty Girls, Playball, Sokker, Stoei, Playgolf, Ballet, ExperiMaatjies, Semas, Swem by Wahoo Aquatic Centre, Gimnastiek by Paragon Gymnastics – Rivonia Sportsklub.

 

Uitstappies

Gereelde uitstappies word onderneem na plekke met opvoedkundige waarde waar kleuters die realiteit kan beleef, bv. Jungle Tots Farmyard, Brandweer, Montecasino Voëlpark, Planetarium, Kinderteater en nog meer.  Ons kry ook besoekers wat opvoedkundige programme op ons eie terrein kom aanbied bv. Specsavers, JHB Dieretuin en nog meer. 

 

Fasiliteite

Ons skool spog met puik fasiliteite.  Dit sluit in:

*         voldoende, goed toegeruste klaskamers

*         higiëniese badkamers

*         'n goed toegeruste nasorgsentrum

*         'n vakansieprogram

*         'n amfiteater waar opvoedkundige programme en funksies aangebied word en

*          ‘n groot veld waar sport en skoolfunksies aangebied word

 

Nasorgsentrum

Ons sentrum funksioneer daagliks vanaf 13:00 tot 17:00 by die skool; vryspel aktiwiteite vind plaas onder konstante toesig. 

 

Terapie

Ons is bevoorreg om ‘n gekwalifiseerde spraakterapeut te hê wat weekliks ons skool kom besoek, die dienste van 'n opvoedkundige sielkundige en arbeidsterapeut is beskikbaar indien nodig.  Indien u vermoed dat u kind 'n probleem met sy/haar ontwikkeling het, sal ons leiding verskaf sodat die nodige evaluerings gedoen kan word.

Ons bekwame onderwyspersoneel is voortdurend besig met assessering en daarom behoort enige probleemareas geïdentifiseer te kan word.  Terapie kan gedurende skoolure geskied, indien u dit so sou verkies.  Afsprake sal gereël word met die betrokke ouers en die nodige terapeute.

Ons laat ook jaarliks gehoor- en spraaktoetse doen, om sodoende enige probleem in die verband vinnig te identifiseer en op te los.

 

Etes

Oggendetes, middagetes en ‘n ligte middag verversing word elke dag aan die kleuters bedien en is by die skoolfooie ingesluit. 

Die oggend verversing word vanaf die huis gestuur. 

Indien u verkies dat u kind Purity kos eet, moet dit saam met u kind gestuur word.

 

Klasindeling

Babas sal aanvaar word vanaf 3 maande.  Kleuters tot en met 5 jaar sal aanvaar word. Kleuters kry voorkeur vir toelating by Sandton Afrikaanse Akademie.

 

Klasgroepe

03 - 6/8 maande            (Hasieklas)

6/8 - 12 maande            (Beertjieklas)

12 - 18 maande              (Vissieklas)

18 - 24 maande              (Bytjieklas)

02 - 03 jaar                   (Leeutjieklas)

03 - 04 jaar                   (Olifantklas)

04 - 05 jaar                  (Kameelperdklas – Graad 00)

Nursery School in Sunninghill; Creche in Sunninghill; Daycare in Sunninghill; Preschool in Sunninghill; School in Sunninghill;

Kleuterskool in Sunninghill; Voorskool in Sunninghill; Skool in Sunninghill;

Nursery School in Sandton; Creche in Sandton; Daycare in Sandton; Preschool in Sandton; School in Sandton;

Kleuterskool in Sandton;  Voorskool in Sunninghill; Skool in Sunninghill;